Hoe word ek lid van die biblioteek?
Jy het die volgende nodig:Volwassenes:
- Identiteitsdokument
- Bewys van woonadres (proof of residence)
- Huwelikskontrak (as die bewys van adres op jou man of vrou se naam is)
Kinders:
- Geboortesertifikaat
- Ouer se Identiteitsdokument
- Bewys van woonadres (proof of residence)
Kom besoek die biblioteek en vul 'n lidmaatskapvorm in. Ouers vul namens die kinders lidmaatskapvorms in. Na goedkeuring (0-2 dae), ontvang jy jou lidmaatskapkaart en kan jy biblioteekmateriaal uitneem.
Biblioteekmateriaal
Die volgende biblioteekmateriaal is by Kakamas Biblioteek beskikbaar:- Boeke
- Tydskrifte
- Koerante (Volksblad en Gemsbok)
- CD's
- DVD's
No comments:
New comments are not allowed.