Friday, August 10, 2012

BEKENDE AFRIKAANSE SKRYFSTER BESOEK KAKAMAS BIBLIOTEEK

IRMA JOUBERT BESOEK KAKAMAS BIBLIOTEEK

Op Woensdag 9 November 2011 het die bekende Afrikaanse skryfster Irma Joubert Kakamas Biblioteek besoek.

Daar het groot opgewondenheid onder die lesers van Kakamas, Keimoes en Kenhardt geheers, wat nie kon wag om hulle gunsteling skrywer te ontmoet nie!




Irma het die lesers vergas met haar interressante vertellings oor haar reise en navorsing vir haar boeke. Sy doen deeglike navorsing oor elke boek wat sy skryf en die karakters word haar "vriende".






Irma is in Pretoria gebore en het aan die Hoƫrskool Nylstroom gematrikuleer. Sy beskik oor 'n BA- sowel as 'n Honeursgraad in Geskiedenis. Haar liefde vir geskiedenis word weergegee in die skryf van historiese romans. Irma was vir 35 jaar 'n onderwyser en het eers na haar aftrede in 2004 begin skryf.



Irma het al verskeie toekennigs ontvang. Sy is in 2005 vir ’n Mondi-toekenning benoem vir haar INSIG artikel oor disleksie en is ook as Media24 se spesialisjoernalis van die jaar aangewys. In 2008 was Tussen stasies ’n finalis vir die ATKV-prosaprys en die ATKV-prys vir Liefdesromans word in 2010 aan Anderkant Pontenilo toegeken.








'n Mens kan sien skryf loop in Irma se bloed. Sy is die kleinkind van die bekende kinderboekskrywer Tienie Holloway en die politieke joernalis Jan-Jan Joubert is Irma se seun.






Die gaste het aan Irma se lippe gehang met haar prettige voorlesings uit van haar boeke.


 Nadat ons heerlike tee en eetgoed geniet het, kon die gaste vir hulle van die skryfster se nuutste boeke aanskaf; terwyl sy handtekeninge uitgedeel het.



Biblioteekpersoneel van Kakamas, Keimoes en Kenhardt saam met Irma Joubert












No comments:

Post a Comment